Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Romantiese duette onder die sterre by Valentynskonsert

Romantiese duette onder die sterre by Valentynskonsert
 
2010-01-28


KOM geniet ’n Valentynskonsert onder die sterre saam met topkunstenaars Theuns Jordaan, Elizma Theron, Kevin Leo en Charlize van der Berg.

Die Oppieberg Valentynskonsert vind plaas op Saterdag 13 Februarie in die Paarl Amfiteater, waar die asemrowende uitsig en natuurskoon die perfekte atmosfeer skep vir ’n onvergeetlike konsert.

Kunstenaars sal die gehoor vermaak met van hul gewildste treffers en topverkopers, asook ’n paar romantiese duette. Elizma Theron sal ook liedjies sing van haar nuwe CD Ek soek jou.

Ná die platinumstatus van haar vorige album Gee my meer, talle optredes by die land se gewildste musiekfeeste, welslae op amptelike treffersparades en TV-roem in kykNET sepie Villa Rosa, bied sy met haar glimlagstem weer lyfritme en musikale lafenis op die splinternuwe album.

’n Wye verskeidenheid kos- en wynstalletjies sal beskikbaar wees. Hekke maak reeds om 17:00 oop om aan besoekers die geleentheid te bied om verversings en sonsondergang te geniet voor die konsert om 20:00 begin.

Geen piekniekmandjies word toegelaat nie.

Besoekers kan ook gerus voel oor veiligheid, aangesien daar sekuriteitsbeamptes sal wees wat die amfiteater patrolleer voor en gedurende die vertoning.

Kaartjies word per sitplek bespreek en wissel tussen R100 en R150 per persoon.

Besprekings kan gedoen word by www.cultivaria.com of kontak 021-872-9754.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za