Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sneeuwitjie en die sewe dwerge

Sneeuwitjie en die sewe dwerge
 
2010-01-28


SNEEUWITJIE en die sewe dwerge gaan Saterdag 30 Januarie om 10:00 die kleinspan vermaak by die Ou Meul-teater.

Spektrum en Stercus produksies gaan voort met hul vernuwing van klassieke sprokies met Sneeuwitjie en die Sewe Dwerge.

Die oorspronklike sprokie is deur die Broers Grimm, en Gaerin Hauptfleisch het dit verwerk tot ’n vermaaklike verhoogstuk.

Om die verhaal te vertel word al die pyle in Faktotum Fourie se koker gebruik. Ligte, poppe, klankeffekte en sy gebruiklike doen-dit-self talente word ten toon gestel om Sneeuwitjie en die sewe dwerge te red van die nare Koningin en haar praatsieke spieël.

Daar is ook sprake van ’n Prins, as die Koningin hom nie reeds uitgesorteer het nie.

Kaartjies is R30 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za