Loopbaanuitstalling vir Bolandse leerders
2010-01-28
DIE jaarlikse loopbaanuitstalling vir Bolandse leerders vind vanjaar plaas op 9 en 10 Februarie in die Paarlse Stadsaal. Meer as 50 uitstallers waaronder universiteite, technikons, kolleges vir beroepsonderwys en ander instansies sal teenwoordig wees om leerders raad te gee oor beroepe en studierigtings. Die uitstalling sal op Dinsdag 9 Februarie vanaf 09:00 tot 17:00 en Woensdag 10 Februarie vanaf 08:15 tot 13:00 oop wees vir die publiek. Die uitstalling word gereël deur die Paarl Skoolsielkundiges in samewerking met Paarl Tafelronde. Vir navrae, kontak Danie Rabie by 021-860-1220.
More
News
|