Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe aftree-oord in die Paarl beoog

Nuwe aftree-oord in die Paarl beoog
 
2010-01-28


DIE ontwikkeling van die Honeydew aftreelandgoed in Noorder-Paarl bied die geleentheid vir ’n sorgvrye aftrede. Dit word ontwikkel op die plaas aan die onderpunt van Koningstraat.

Die landgoed sal behoorlike 24 uur sekuriteit hê, asook mediese versorging, ’n klubhuis en eetsaal wat vriendelike sosialisering tussen inwoners verseker en boonop nog ’n swembad daarby.

Daar gaan voorts klem daarop gelê word om die tuinarea as ’n lushof vir inwoners te vestig.

Die eiendom is geleë naby hospitale en winkels.

Die ontwikkelaars, Portland, het reeds ’n bewese rekord met die skep van die aftree-oord Meerenbosch in Durbanville.

Hulle beplan om in die eerste fase tweeslaapkamerhuise vanaf R1 200 000 te lewer wat ’n hoogs aantreklike intreeprys is.

’n Variasie van drieslaapkamerhuise is ook beskikbaar, sowel as een- en tweeslaapkamerwoonstelle van R750 000 tot R850 000.

Die mediese versorgingsentrum sal 20 beddens hê sowel as voldoende versorgingswoonstelle (assisted living apartments) vir diegene wat steeds ’n normale bestaan wil voer, maar wat tog ’n gesofistikeerde ondersteuningsdiens verlang.

In ag genome dat twee hospitale binne minute van die aftree-oord is, sal inwoners gemoedsrus oor hulle versorging kan hê.

Wim van der Walt van Realnet Byron-Yeats Eiendomme, wat die Honeydew verkoopskantoor beman, sê dat dit van groot belang is dat voornemende kopers die ‘ahah!’ gevoel moet kry voordat hulle ’n aftreehuis of woonstel koop. Omdat dit waarskynlik die laaste woning is wat ’n mens in jou lewe koop, moet mens seker maak dat jou persoonlike lewenskultuur uitgeleef kan word.

Hy wys ook daarop dat aftree-eiendom ’n goeie belegging is en dat kopers veral in die vroeë verkoopfase uitstekende aankope kan doen voordat pryse begin eskaleer.

Die hoofingang tot Honeydew sal uiteindelik vanuit die verlengde Bergrivier Boulevard wees.

Om inligting oor die aftree-landgoed te bekom, kan Wim van der Walt by 021-870-1061 of 082-377-2197 geskakel word.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za