WELBEKENDE sanger, Valiant Swart, wat gereken word as die baanbreker van Afrikaanse Blues-rock musiek, is Vrydag 29 Januarie om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater in die Paarl.
Sy bynaam “Mystic Boer” maak al vir die afgelope 17 jaar van hom ’n kultusfiguur op die Suid-Afrikaanse musiekfront. Valiant word ook raakgesien vir sy bydrae tot Afrikaanse skryfkuns met sy uitstekende lirieke.
Ná 14 albums en ’n hoofrol in Song vir Katryn is Valiant ’n bekende in elke huishouding.
Tans is hy en sy familie op ’n “eindelose reis” om die platteland te verken, en sy musiek na die fans toe te neem wat nooit voorheen ’n show in hul eie dorpie sou verwag het nie.
Kaartjies is R80 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by vstemmet@ gmail. com of by 083-564-0056.