Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Chris Chameleon op die planke

Chris Chameleon op die planke
 
2010-01-28


DIE sanger Chris Chameleon tree op 31 Januarie om 18:00 by die Breytenbach-sentrum se teaterkafee, Die Bôrdienghuis, op Wellington op.

Chameleon word beskou as ’n fenomeen op die Suid-Afrikaanse musiekfront. Met sy eiesoortige styl en vermoë om gehore te bekoor met sy stem wat oor vier oktawe strek, word hy gereken as een van die belangrikste en mees gewilde kunstenaars van ons tyd.

Dit is veral met sy toonsettings van Ingrid Jonker se gedigte, dat Chris Chameleon wyer bekendheid as solo-kunstenaar bereik het.

Sy loopbaan strek egter heelwat verder. Hy is ook akteur wat reeds op ’n jong ouderdom ’n Dalro-toekenning vir sy toneelspel ontvang het. Hy het tussen 1990 en 2000 in meer as 30 televisiereekse (onder andere Egoli, Konings, Sonkring, Glaskasteel), films en videos opgetree.

Daarna het die musiekgogga gebyt en word hy die plofbare voorsanger en baskitaarspeler van die bekende ‘monki punk’ trio Boo!

Tydens sy buitelugvertoning by die Breytenbach-sentrum bied Chris Chameleon ’n akoestiese optrede. Gaste is welkom om ’n piekniekmandjie te bring en te ontspan in die sentrum se kunstige tuin. Tall Horse-wyne en ’n kontantkroeg is beskikbaar.

Die gaste kan reeds vanaf 17:00 kom saamkuier. Kaartjies is R100 (R60 vir leerders en studente) en kan bespreek word by 072-115-2913 of by teater@breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za