Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stef Bos bring liefde na die Bôrdienghuis-teater

Stef Bos bring liefde na die Bôrdienghuis-teater
 
2010-01-28


DIE gevierde Nederlandse sanger, Stef Bos, het sedert sy eerste ontmoeting met Suid-Afrika en meer spesifiek die Afrikaanse taal, sy hart verloor op ’n kultuur waarvoor hy oneindig lief is.

Op 13 Februarie om 20:00 maak Bos sy debuut by die Bôrdienghuis-teater op Wellington, waar hy hierdie passie en liefde gaan kom deel.

Teatergangers kan uitsien na ’n aand onder die Bolandse sterre met pragklanke uit Bos se repertoire en die smaak van topgehalte wyne, wat te koop aangebied word.

As jy dus die perfekte geleentheid soek om jou geliefde te bederf op die vooraand van Valentynsdag, sal jy vinnig moet spring om jou sitplek te verseker.

Die koste beloop R120 per persoon en besprekings kan gedoen word deur Magdel te skakel op 072-115-2913 of e-pos teater@breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za