Rugby-flitse
2010-01-28
PAARLSTREEK
Die Paarlstreek se o.20-span speel vanjaar in ’n WPRFU o.20 kompetisie en is Maandae, Woensdae en Donderdae vanaf 17:30 op die Faurestraat-stadion besig met hul voorseisoense oefeninge. Enige o.20-speler is welkom om aan te meld en die nodige toetse te ondergaan om te bepaal of die speler voldoen aan die vereiste van die afrigtingspan, onder leiding van Eugene Maqwelana, Chelton April, Aslam Abrahams en Allan Alexander. Bring bewys van geboorte saam. Kontak 082-731-4879.
DRAKENSTEIN VROUE-RUGBY
Oefeninge van die Drakenstein vroue begin amptelik 1 Februarie om 18:00. Alle dames wat belang stel kan gaan oefen met hul tekkies. Kontak Martin Kriel by 078-430-1273 of Rudolf Francis by 082-703-8664.
NEWTONS RUGBYKLUB
Newtons Rugbyklub oefen reeds elke aand (Maandag tot Donerdag) vanaf 19:00. Alle oud- en nuwe spelers word uitgenooi. Die klub is ook op soek na ’n hoofafrigter. CV’s kan gefaks word aan R Lottering by 086-600-3612.
PAARL RANGERS
Paarl Rangers hou op Saterdag 30 Januarie vanaf 12:00 ’n bring en braai-funksie te Ebenezer Primêr. Ons nooi veral alle oud-lede uit om die geleentheid by te woon.
RIVERSTONES
Riverstones Rugbyklub hou op 8 Februarie om 19:30 ’n bestuursvergadering te Bougardstraat 41, om vriendskaplike wedstryde vir 13, 20 en 27 Maart te bespreek. Die klub oefen Dinsdae en Donderdae op die Dal om 18:00. Kontak Andrew (voorsitter) by 021-862-5594.
VINEYARDS<
Vineyards Rugbyklub se jaarvergadering vind 2 Februarie plaas om 20:00 by die Daljosafat-stadion. Oud- en nuwe lede is welkom.
WINDMEUL UNITED
Windmeul United se algemene jaarvergadering vind plaas op 30 Januarie omstreeks 14:00 te Windmeul skool, en nie meer 6 Februarie soos vooraf geadverteer is nie. Oefeninge geskied Dinsdae en Donderdae om 19:00 te Windmeul skool. Alle ou en nuwe lede is welkom.
YOUNG GARDENS
Young Gardens se oefeninge is Dinsdae en Donderdae om 18:00 op die Daljosafat-stadion. Alle spelers is welkom.
YOUNG PEOPLES RUGBYKLUB
Young Peoples Rugbyklub is hard besig met hul voorseisoense oefeninge van Maandae tot Donderdae op die Daljosafat-sportgronde om 18:00. Alle o.20 spelers wat wil deel vorm van die Drakenstein Youth Academy kan ook by die oefeninge aanmeld wat deur Eugene Maqwelana, Chelton April en Duncan Korabie waargeneem word. Voorseisoense program: 6 Februarie - Wesbank sewes; 13 Februarie - Abbotsdale (weg); 27 Februarie - Young Gardens Sewes; 2 Maart - Wellington (Faurestraat); 6 Maart - Roses (tuis); 13 Maart - Wesbank (weg); 20 Maart - Rangers Paarl (weg). Young Peoples se algemene jaarvergadering vind 2 Februarie plaas om 19:00 in die Young Peoples Krieketklubhuis. Young Peoples bied op 19 Februarie ’n Valentyns-piekniekdans in die gemeenskapsaal aan teen R60. Worcesterians sal die musiek verskaf. Kartjies is by bestuurslede beskikbaar of kontak J Heyns by 084-207-7535.
More
News
|