Kushengelspan vaar goed in Struisbaai
2010-01-28
DIE afgelope naweek het Boland Kushengel sy liga-kompetisie in Struisbaai gehou, met die manne van Paarl Rots- en Strand-Hengelklub wat met goeie vangste gewys het wat in hulle steek. Ná afloop van die kompetisie het die Paarl A1 span hul agterstand uitgewis en hulle loop nou met ongeveer 200 punte voor in die liga. Johann la Grange en Neil Bruwer het besonder goed gevaar. Die Boland kushengel o.16- en o.21-spanne is tans in Natal vir die SA kampioenskappe. Die volgende liga-byeenkoms is op 6 Februarie. Kontak vir Gerrit van Niekerk by 083-259-4310.
More
News
|