Goeie vangs by Kwaggaskloof
2010-01-28
’n TOTAAL van 39 hengelaars het opgedaag vir die eerste varswater-hengelkompetisie van die jaar te Kwaggaskloofdam. Die visse het goed gebyt en altesaam 335 visse is gevang met ’n gesamentlike gewig van 214 kilogram. Die klubkampioen van verlede jaar, Sydney Diedericks, het weer ’n sterk uitdaging aan die ander hengelaars gerig deur die beste te vaar vir die dag. Elsa Breytenbach was die beste vrouehengelaar met ’n totaal van 27 visse. Haar dogter, Bianca, was die beste junior met 24 visse. Daniel Vosloo het die grootste vis vir die dag gevang met ’n Karp van 2,2 kg. Voete Matthee het ’n Baber gevang van 2,1kg gevang en Dawid Kotze het ’n mooi Swartbaars van 1,7kg gevang. Die eerste klubvergadering van die jaar vind plaas op 15 Februarie by die Paarl Kunssentrum te Hospitaalstraat.
More
News
|