Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakentein Edu goed op dreef

Drakentein Edu goed op dreef
 
2010-01-28


DRAKENSTEIN EDU se eerste krieketspan het sy goeie vorm die afgelope naweek voortgesit met ’n oortuigende ses-paaltjie oorwinning oor Exelsior se eerste krieketspan.

Drakenstein se boulers het goed gevaar om Exelsior se manne uit te boul vir 179 lopies.

Die voorste boulers was Westley Barron (3/20), Juliano Filander (2/18) en Dane Schoor (2/12).

Drakenstein se groot gevaarman met die kolf was Gershwin Philander.

Philander het ’n onoorwonne 61* lopies aangeteken om sy span te help om die wenlopies in die 43ste boulbeurt te behaal.

Hy was goed bygestaan deur Cameron Cupido (54) en Dane Schoor (30).

Drakenstein Edu (186) se tweede span het Saterdag vasgeval teen Van der Stel III (187/7).

Van der Stel het met 3 paaltjies gewen.

Edu se beste kolwers was Franco Davids (40) en Elton Alexander (46).

Drakenstein Edu se volgende wedstryd is teen die span van Malmesbury op CPUT se velde.

Die tweede span speel Saterdag op Labori se veld teen Wellington III en Sondag teen Excelsior II in ’n weg-wedstryd.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za