Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington nou goed op dreef

Wellington nou goed op dreef
 
2010-01-28


DIE eerste krieketspan van Bella Roma Wellington-CPUT het Saterdag vir Hermanus met 10 paaltjies verniel.

Hermanus het eerste gekolf, maar kon slegs 91 lopies bymekaarskraap, danksy puik boulwerk deur Vincenzo Pennazza (3/11) en Alfonso Blom (3/11).

Met Bronwell Williams (52*; 8x4) en Shaun Cutting (37*; 3x4) op dreef met die kolf, kon Wellington die wenlopies reeds in die 23ste beurt behaal sonder om ’n paaltjie te verloor.

Sondag het Wellington hul goeie vorm volgehou deur ’n goeie 5-paaltjie oorwinning te behaal oor Paarl Krieketklub.

Paarl het eerste gekolf en kon slegs 101 lopies op die telbord aanteken.

Paarl se kaptein, Ultallyn Ernstzen, 27 (4x4) het goeie veggees gewys, maar Paarl het gesukkel om ’n goeie vennootskap te bou.

Wellington se boulers het uitstekend geboul, met Alfonso Blom (3/14) en Marnitz Pfister (4/10) op dreef.

Wellington het die wenteiken in die 31ste beurt behaal, met Warren Groeneveld (35; 4x4) en Craig Abrahams (40*; 3x4) die voorste lopiemakers.

Vir Paarl het Clayton August (3/22) ’n goeie boulvertoning gelewer.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za