DIE gewilde jaarlikse verskeidenheidskonsert vir Paarlse senior burgers word op Woensdag 17 Februarie om 19:00 in die Paarl Stadsaal gehou. Die gratis konsert vir almal 60 jaar en ouer word aangebied deur Paarl RotarIërs saam met Bram Potgieter en vriende. Bespreek jou plek teen Vrydag 12 Februarie by Kaufie Kaufman op 083-325-6603 (kontak ook vir Kaufman indien jy vervoer benodig).