Diewe lief vir hierdie motors
2005-09-08
DIEWE van Toyotas het nou die Sondag geen ontsag gehad vir kerkgangers nie.
Tydens die erediens is ’n Toyota Cressida van die parkeerterrein van ’n kerk in Noorder-Paarl gesteel.
Die Saterdagnag is ’n Toyota Tazz van die parkeerarea agter ’n supermark aan Zeederbergplein weggery.
Daar is gepoog om nog ’n Toyota daar te steel, maar ’n gorilla-sluitstelsel het die diewe gefnuik.
Twee Toyota Tazz motors is die nag van 6 Augustus by ’n supermark in Suider-Paarl gesteel, en kort daarna Toyota bakkies in die Paarl en Wellington.
Daar word gemiddeld elke week twee voertuie in Drakenstein gesteel, “en nou is dit weer ’n Toyota-sindikaat wat bedrywig is,” sê insp Julia Claasen.
“Neem voorsorg om motors op veilige plekke te parkeer en behoorlik te sluit, en niks waardevols binne sig te laat nie.”
’n Wit Isuzu-bakkie CN 18497 is in die vroeë oggendure verlede Saterdag gesteel in Despresstraat, De Zoete Inval. Konst Conway Benjamin (807-4000) ontvang graag inligting oor die voorval.
* Car thieves prefer Toyotas.
More
News
|