Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baantjies vir boeties in Drakenstein?

Baantjies vir boeties in Drakenstein?
 
2010-02-04


DAAR word al hoe wyer gekla in Drakenstein dat slegs diegene met die regte familie- of partykontakte, werk of kontrakte kry by die Munisipaliteit.

David Beukes het al drie keer aansoek gedoen vir die pos van wetstoepassingsbeampte, maar was elke keer onsuksesvol.

Hy het voorheen gewerk by die vloot op ’n vlak gelyk aan ’n assistent-superintendent in wetstoepassing en meen hy het beter kwalifikasies as die groentjies wat in die poste waarvoor hy aansoek gedoen het, aangestel is. Hy is nog nooit genooi vir ’n onderhoud nie.

“Kyk maar by Drakenstein - dis dié een se dogter, daai een se pa en die ander een se broer of oom wat die poste kry.

“Die kersie op die koek vir my, was toe Leon Williams, wat ’n lorriedrywer en waarnemende toesighouer by die munisipaliteit was, en bedank het ná sy verhoor vir oneerlikheid, later weer aangestel is as algemene werker sonder dat die publiek kon aansoek doen vir die pos.”

Williams is skuldig bevind nadat hy verhoor is omdat hy ’n munisipale voertuig gebruik het om ’n vrag sand en klip by ’n private huis in New Orleans af te laai.

Die oortreding word in ’n ernstige lig beskou omdat raadseiendom nie vir private doeleindes gebruik mag word nie. Sou ’n ongeluk begaan word tydens ’n ongemagtigde rit, sou die versekering nie uitbetaal nie.

Volgens persberigte het ’n senior persoon in die paaie-afdeling aangevoer dat dit “goedkoper” was vir die Raad om die aanstelling só te doen, eerder as om te adverteer en nuwelinge vir die pos te oorweeg.

Nog ’n ontstoke Paarliet, Ranchall Frans (22), vertel dat hy twee maande gelede saam met meer as dertig ander mense getender het om woonstelblokke in Magnolia en Chicago te verf.

“Ons is gesê om te kom vir mediese toetse, wat ons geslaag het, en Maandag verlede week het ons klerasie (oranje munisipale uniforms en veiligheidstewels) ontvang.

“Maar toe kom raadslid Spasie Kika met ander mense daar aan by die behuisingskantoor. Ons is ingelig dat die projek nou gekanselleer is en moes huis toe gaan, met klere en al.

“Dit lyk vir my asof Kika haar eie mense in dié werk wil insit - dit is die enigste afleiding wat ek kan maak,” sê ’n ontstelde Ranchall, wat sedert hy in 2006 by Charleston Hill matrikuleer het, nog nooit werk kon kry nie.

“Ek bly in ’n wendyhuis by Magnolia-woonstelle saam met my sussie van 18 en my boetie van 16. My oupa bly binne in die blok. Ek wil so graag ’n slaggie werk en geld verdien vir my gesin, wat sonder ouers moet klaarkom. Ek is ook ’n mens met gevoelens.”

Later dieselfde dag het amptenare die ontstoke groep weer bymekaargeroep en die versekering gegee dat die projek wel voortgaan en dat hulle die volgende dag moes aanmeld vir werk.

* Local residents complain that it is nearly impossible to get work at Drakenstein Municipality unless you have “contacts”.

.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za