Tussenvierkiesing kom vir Raad
2005-09-08
’n TUSSENVERKIESING vir die kies van ’n wyksraadslid vir Wyk 13 (Amstelhof, Paarl-Oos) sal op Woensdag 12 Oktober gehou word.
Die vakature het ontstaan ná die onlangse dood van raadslid Joan Pegram.
Nominasies vir kandidate moet nie later nie as 17:00 Maandagmiddag ingehandig word by die Munisipale Kiesbeampte.
Navrae kan gerig word aan 872-4350.
* ’n Totaal van 3616 mense het Saterdag in Drakenstein geregistreer vir die komende munisipale verkiesing.
Die meeste hiervan, 478, is by die Colibri-saal geregistreer, gevolg deur Silvertown (318) en Rainbow Educare in Fairyland (249).
Kiesers kan steeds elke weeksdag tussen 08:30 en 15:00 registreer by die verkiesingskantoor in die Paarlse stadsaal. Navrrae by 872-4350.
More
News
|