Vrou sterf tydens sprong
2010-02-04
Lise Beyers
’n BEKENDE Paarliet het Sondagmiddag na haar dood geval tydens ’n valskermsprong in Durban. Hÿmne Cajeux (35), ’n nooi Eksteen, het onlangs ’n lewenslange droom vervul en ’n kursus in valskermspring voltooi. Sedert Desember het sy 18 vryval-spronge gedoen. Dit is steeds nie seker wat Sondag tydens Cajeux se sprong vanaf byna 4000 meter verkeerd geloop het nie, maar volgens gerugte het ooggetuies opgelet dat haar valskerm te laat oopgegaan het, wat gelei het dat sy die grond teen ’n hoë spoed getref het. Cajeux, ’n oud-Gimmie, het onlangs by ’n maatskappy by Century City begin werk wat toegespits is op valskerm-toerisme. Sy het die naweek spesiaal na Durban gereis om daar te gaan valskermspring. Sy was voorheen werksaam in die Paarl by ’n eiendomsagentskap en die glasblaas-ateljee op Seidelberg wynlandgoed. Sy word oorleef deur twee seuns, Lorenzo Marzocca (15) en Luca Cajeux(8). Haar ma, Marietjie Eksteen, het gesê dat dit nog onseker is wanneer haar begrafnis sal plaasvind, want ’n ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is steeds aan die gang in Durban. * A local woman died in Durban during a parachute jump. Her parachute opened late and she hit the ground at high speed.
More
News
|