DIE professionele ouerskapsafrigter, Andalene Salvesen (beter bekend as die ‘Super Granny’) bied die naweek van 12 en 13 Maart ’n seminaar vir ouers aan by Auret Street Kids in die Paarl.
Die “Monsters to Munchkins” Ouerskapseminaar is daarop gemik om ouers toe te rus met vaardighede om outoriteit in die huis te hervestig en gesonde grense te stel. Belangstellendes kan vir Lizal Janse van Rensburg voor of op 22 Februarie skakel by 083-316-0221 om plek te bespreek.