Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kyk sterre by Taalmonument

Kyk sterre by Taalmonument
 
2010-02-04


DIE Magellaanse wolke is die tema van die volgende sterrekykaand by die Taalmonument op Saterdag 13 Februarie.

Gaste sal van 20:00 tot 23:00 deur teleskope na bekende konstellasies en planete kan kyk onder leiding van lede van OOG (die Orion Observasie Groep), ’n informele sterrekunde-klub van die Boland.

Die aand skop af met ’n piekniek vanaf 18:00.

Besoekers kan hulle eie piekniekmandjies saambring of een by Volksmond Koffiewinkel bestel (021-863-2800 of volksmond@taalmonument.co.za).

Toegang is R20 (R10 vir kinders). Bespreek by 021-872-3441 of 082-729-2716 (ook vir weernavrae). Gaste word aangemoedig om verkykers saam te bring. Geen honde of vure word toegelaat nie.

Daar sal veilige parkering en toegangsbeheer by die hek wees.

Geen sterrekykaand sal plaasvind indien die weer sleg is nie.

Die laaste sterrekykaand vir die seisoen vind Saterdag 13 Maart plaas wanneer Saturnus en sy ringe van nader beskou sal word.

Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, besoek www.taalmonument.co.za of skakel 021-872-3441.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za