Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsvereniging bied kursusse aan

Kunsvereniging bied kursusse aan
 
2010-02-04


VANAF 13 Februarie tot 20 Maart gaan dit elke Saterdagoggend vanaf 09:00 in Stellenbosch en die Paarl wemel van kreatiewe kunstenaars!

Van 09:00 af op daardie dae word drie kunskursusse tegelyk aangebied. Omdat die plekke beperk is, moet belangstellendes gou bespreek!

Vir beginners en gevorderde kunstenaars is daar 地 tekenkursus in die Jack Meyer Kunssentrum in die Paarl deur die gewilde kunsonderwyseres, Marieke Kruger. Houtskool en pastelle sal gebruik word om stillewes te skep. Klasse is vanaf 09:00 tot 11:30.

Ook vir beginners en ook in die Jack Meyer Kunssentrum in die Paarl, word 地 keramiekkursus deur Ilana Jansen van Rensburg, wat 地 B-Tech in Keramiekontwerp het, aangebied.

In hierdie kursus sal deelnemers die basiese tegniek leer om 地 kleipot met die hand te vorm en te versier. Die kursusfooi sluit die gebruik van gereedskap en oonddroging in. Klasse is vanaf 09:00 tot 12:00.

Op Stellenbosch bied die ervare kunsonderwyseres, Lorraine Blumer, 地 landskapskilderkursus in PJ Olivier-kunssentrum aan. Die kursus sluit basiese tekentegnieke vir skilderkuns in, met inbegrip van toonwaardes, vormgewing, komposisie en verhoudings.

Kleurmenging, verfaanwending en eienskappe van akriliese en olieverf sal behandel word. Klasse is vanaf 09:00 tot 12:00.

Koste vir lede is R360 en R420 vir nie-lede (deposito van R50 betaalbaar by bespreking).

Bespreek voor 8 Februarie by Reza per e-pos by kunsartstel@sun.ac.za, of telefonies by 021-808-3668 of 082-491-2724 (Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 11:00 en 13:00).

By al drie kursusse word 地 geleentheid vir talentvolle persone uit die gemeenskap gebied om deur die Kunsvereniging geborg te word.

Om in aanmerking te kom, skakel vir Hettie de Klerk by 082-447-2214 teen 8 Februarie.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za