Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


In die steek gelaat

In die steek gelaat
 
2005-03-17


DIT was met groot verwagtinge en entoesiasme wat ‘n groep inwoners van die middedorp ‘n jaar gelede geluister het na die voorstelle van ‘n mede-burger om ‘n buurtwag hier in die lewe te roep.

Ons het gretig ons ledegeld betaal en dit was heerlik gerusstellend om die vriendelike groen manne op hul fietse te sien op-en-af ry elke dag.

Toe kry ons uit die bloute kennis dat ons “oorgegee” is aan ‘n ander buurtwagorganiseerder op Wellington en toe ons weer ons oë uitvee, het ons glad niks!

Geen kennisgewings, geen terugbetaling van vooruitbetaalde ledegeld nie, geen verskonings vir hoekom of waarom nie, sommer net niks. Geen buurtwag meer nie.

Nee, mnr Oosthuizen en Comsec Risk Management, mens maak darem nie so met jou medemens nie.

Teleurgestelde kliënt

Comsec Risk Management reageer: Hierdie onderneming is verlede jaar deur meneer Oosthuizen genader om behulpsaam te wees met die voortsetting van die buurtwag nadat sekere vereistes deur SIRA (voorheen die Raad vir Sekuriteitsbeamptes) gestel is, deurdat onder andere die beamptes wat aangewend word geregistreer en opgelei moes wees.

Aangesien ons oor die infrastruktuur beskik, het ons ingestem om die diens oor te neem.

Skrywes is aan elke kliënt gestuur waarin hierdie oorname bekend gemaak was, met ‘n verduideliking van die verhoging in die maandelikse tariewe, aangesien ons nou verplig was om ‘n minimumloon aan elke beampte te betaal.

Reeds aan die einde van die eerste maand kon slegs sowat 20% van alle gelde verskuldig aan ons, ingevoer word, en het daar ook verskeie kliënte die diens gekanselleer.

Aan die einde van die tweede maand was dit dieselfde geval, en toe reeds met ‘n verlies van bykans R16 000 is daar besluit dat daar nog nie verdere verlies gely kon word nie.

Hierop is ‘n skrywe uitgestuur aan kliënte waarin die sluiting van die diens verduidelik was. Die fout lê dus by sommige ondankbare kliënte wat nie bereid was om vir ‘n allernoodsaaklike diens te betaal nie.

Hierdie diens sal met graagte voortgesit word indien die onderneming van kliënte verkry kan word vir stiptelike betaling. Ons bedank egter alle kliënte wat stiptelik betaal het vir die tyd wat die diens gelewer was.

Ons nooi enige kliënt wat hul gelde vooruitbetaal het, om Louise Steenkamp by hierdie kantoor, tel. 873-1517, in verbinding te tree, waarna enige gelde verskuldig terugbetaal sal word.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za