Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aanneemkinders kry trekpas

Aanneemkinders kry trekpas
 
2005-09-08


DIE Munisipale Raad het Dinsdagnag ouerskap aanvaar van die plakkers aan die oewer van die Bergrivier in die Paarl, en dié aanneemkinders die trekpas gegee.

“Uiteindelik,” het belastingbetalers gesê.

“Die plakkers was soos aanneemkinders, maar vir wie die munisipaliteit nie verantwoordelikheid wou aanvaar nie.

“Nou sal die drank- en dwelmmisbruik en die bemorsing van die rivierwalle en die water, iets van die verlede wees.”

Die drie-uur skoonmaakaksie is Dinsdag deur burgemeester Herman Bailey in plek gesit, en Woensdag om 04:00 uitgevoer deur munisipale wetstoepassers, sekuriteitsmanne en die polisie.

Die plakkers is die keuse gebied om na gedienste erwe by Zakazwane in Daljosafat vervoer te word, waar hul skuilings opgerig kon word.

Die optrede volg op groeiende frustrasie van belastingbetalers oor die onbeheersde plakkery teen die rivier.

“Ek kon nie glo toe ek by die Munisipaliteit meegedeel is dat wetstoepassers nie kon optree nie, omdat hulle met klippe en bottels gegooi word,” het Patrick Wolff gesê.

Hy het navraag gedoen nadat drie nuwe bousels met plastiek oorgetrek, die naweek wortel geskiet tussen die Moskee en die byna voltooide taxi-staanplekke op die hoek van Lady Greystraat en die Bergrivier Boulevard.

’n Ontstoke Wolff wou weet: “As ons eie wetstoepassers nie kan help nie, wie moet dan?

“Wetsgehoorsame burgers kan nie meer langs die rivier stap nie, dit is net nie veilig met die plakkery nie.”

Vir die wetstoepassers was die gedwonge verskuiwing nie maklik nie.
“Die mense het dit gelate aanvaar, want hulle weet hulle is onwettig daar. Dit is 'n sosiale probleem.

“Dis nie maklik om mense op kaal grond, net onder ’n dun kombersie, te sien slaap nie. Veral nie die twee babas wat ons daar gekry het nie,” het ’n beampte aangedaan gesê.

Die munisipale amptenare het die haweloses met komberse, kospakkies en babamelk by hul nuwe tuiste afgelaai.

* Squatters along the bank of the Berg River were rehoused in an informal settlement in Dal Josaphat yesterday.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za