Goeie uitslae tydens HJS byeenkoms
2010-02-04
GOEIE prestasies is behaal tydens Hoër Jongenskool se Uitnodigingsbyeenkoms op Brugstraat verlede Vrydag-aand. Die beste seunsbaanatleet was Kurtley du Plessis (HJS, 200m s.o.16 in 22,40 sekondes) en die beste veldatleet was Jan-Louw Kotze ( Paarl Gimnasium, DG s.o.17, 49,49 meter). Vir die dogters was Christel van Tonder (HMS, 100m d.o.19 in 13,10 sekondes) die beste baanatleet en Aletta Swart (HMS, GS d.o.19, 10,78 meter) was die beste veldatleet. Ander skole wat deelgeneem het, was Paul Roos, La Rochelle, Wynberg, Sacs en Rondebosch.
More
News
|