Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Soek na sekuriteit

Soek na sekuriteit
 
2010-02-04


ONS soek ernstig na sekuriteit. Huise word oopgebreek, kantore en store is geplunder. Waterpype en gereedskap, krane, hekke en ystertralies word uitgeruk, geute van ons huise gesteel.

Mense steel yster en ander metaal. Hulle neem dit na ’n skroothandelaar. Geen vrae word gevra nie.

In ’n kits is daardie metaal weg of onherkenbaar opgemors.

Geen vrae word gevra nie.

Die stelsel is so maklik vir die dief. Geen perke en geen ondersoek keer hom nie.

Dis so maklik - dit moedig diefstal aan. Dit is nou eintlik ’n beroep van diewe.

Ek voel dat mense hul identiteit en die bron van die metaal moet bewys aan kundige ondersoekers by skroothandelaars.

Ons kan dit nie langer ignoreer nie. Ons land moet dit beveg met kundige speurwerk.

Hier is tans misdaad op gruwelike skaal. Staan op om dit uit te wis.PK Schreve




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za