Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skokkende ongeluk

Skokkende ongeluk
 
2010-02-04


EK is baie ontsteld oor die gru-ongeluk wat voorverlede Sondag by Wellington ’n man gedood het en byna die lewens van my dogter, haar man en kind geëis het.

Hierdie ongeluk is deur een voertuigbestuurder veroorsaak wat op die oog af nie ’n flenter omgee vir ander padgebruikers nie.

Vir my dogter, Juanita, hul seuntjie Eduan (2) en skoonseun Francois was dit sekerlik die angswekkendste oomblik van hul lewe.

Teen ’n spoed van 60kmh het hul wit dubbelkajuit Mazda omgerol weens die geweldige spoed en impak van die Mercedes motor wat hulle getref het.

Dit het in die proses aanleiding gegee tot ongerief, beserings, skade en selfs die dood van die bestuurder van die voertuig wat agter hulle gery het.

My simpatie aan die familie van mnr Thomas Beukes wat so ongevraagd tydens die botsing gesterf het.

Deur alles heen weet ons as familie vandag dat die Liewe Heer ons kinders gespaar het en dat Hy alles ten goede laat meewerk - ook uit ’n angswekkende ongeluk.

Ons hoop dat elkeen wat deur hierdie ongeluk aangeraak is, vertroos sal word deur die Heilige Gees. Ons voel opreg saam met die Beukes-familie en ons sal bid ook vir die bestuurder van die Mercedes.

Olivier Kritzinger (Joubertina)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za