Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verskeie hoogtepunte tydens Agri Cape Week

Verskeie hoogtepunte tydens Agri Cape Week
 
2010-02-04


DIE Agri Cape Week, wat vanaf 15 tot 17 April by Hoër Landbouskool Boland in Agter-Paarl aangebied word, fokus spesifiek op die vrugte-, wyn-, en groentebedrywe in die Wes-Kaap en sluit ook vanjaar verskeie hoogtepunte in.

Een van die hoogtepunte op die program wat goeie waarde sal toevoeg, is ’n Agritoerisme-werkwinkel wat tydens Agri Cape Week aangebied gaan word.

Die bekende Peter Myles, ’n toerismespesialis wat tans betrokke is by ’n hele aantal gesogte projekte, sal as hoofspreker tydens die werkwinkel optree.

Die werkwinkel sal spesifiek fokus op plaaseienaars wat die potensiaal van landbougerigte toerisme-aktiwiteite soos self-sorgeenhede, 4x4- en staproetes in die Wes-Kaap wil ontgin en plaaseienaars word juis aangemoedig om bestaande hulpbronne, soos leë plaashuise, te omskep in ’n bron van inkomste.

Volgens Myles het ’n opname deur SA Toerisme onlangs bevestig dat 70% van internasionale toeriste Suid-Afrika besoek vir sy buitelewe-toerisme.

“Slegs 7% van oorsese besoekers en sowat 2% plaaslike toeriste maak egter gebruik van plaasakkommodasie wanneer hulle in Suid-Afrika toer. Indien die potensiaal ontgin word om agri-toerisme in Suid-Afrika te bemark, organiseer en te stimuleer, sal dit ’n merkwaardige markgeleentheid bied.”

Nog ’n hoogtepunt op die program is ’n Nasionale Olyfkonferensie met internasionale sprekers van Italië en Spanje asook plaaslike spesialiste in die olyf-industrie, soos Carlo Costa van die LNR.

’n Omvattende damesprogram sal vir goeie vermaak en heerlike bederf vir die dames sorg. Op dié spyskaart is daar onder andere ’n Vroue-oggend in samewerking met Tuis-tydskrif op Donderdag 15 April met die tema: Tuindekor – ons kyk na binne en leef na buite.

Tuindekor-spesialis Mabel Steenkamp van die Paarl is onder andere een van die sprekers. Steenkamp, wat ook ’n gereelde medewerker in Tuis-tydskrif se tuinmaakseksie is, sal kreatiewe tuindekor-idees met dames deel.

Koste beloop R200 en sluit ’n laat-ontbyt in. Bespreek by Elma Brand van Mega Events by 021-863- 0397 of events@agrimega.co.za.

Alle uitstallers in die vrugte-, wyn-, en groentebedrywe kan vir Cornea Geldenhuys by 028-424-2890 skakel of besoek www.agrimega.co.za vir meer besonderhede.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za