VIR ’n onvergeetlike Valentynskonsert met sterre, onder die sterre, moenie die Oppieberg Valentynskonsert by die Paarl-amfiteater, misloop nie!
Theuns Jordaan, Elizma Theron, Kevin Leo en Charlize van der Berg sal op Saterdag 13 Februarie in aksie wees by dié spesiale Valentynskonsert.
Die kunstenaars beloof om besoekers op hulle voete te hê met ’n keurspel van hulle gewildste treffers en topverkopers.
Theuns Jordaan se emosievolle bas-stem sal die gehoor bekoor met treffers van sy platinum CD Kouevuur, trippel platinum CD Bring jou Hart sowel as vorige uitreikings soos Tjailatyd, Seisoen en Vreemde Stad.
Elizma Theron sal bekende gunstelinge sing, asook liedjies van haar nuutste CD Ek soek jou.
Kevin Leo en Charlize van der Berg sal die aand afrond met ’n paar klassieke romantiese duette soos When I fall in love en Unforgettable.
Verskeie plaaslike wynprodusente sal wynstalletjies beman, terwyl vele kosstalletjies verversings en ander drinkgoed te koop sal aanbied. Geen piekniekmandjies word toegelaat nie.
Die hekke maak reeds om 17:00 oop om besoekers die geleentheid te bied om ’n merkwaardige sonsondergang saam met ’n heerlike glasie wyn te geniet.
Moenie hierdie Valentynskouspel misloop nie!
Kaartjies wissel tussen R100 en R150 per persoon. Alle sitplekke is gereserveerd. Bespreek by www.cultivaria.com of 872-9754.