Sportdagboek
2010-02-04
ATLETIEK
Die Tradisionele Atletiekbyeenkoms vir hoërskole vind op 11 Februarie plaas op die Daljosafat-sportgronde. Die byeenkoms begin 08:30 en sal duur tot ongeveer 16:30. Skole wat in aksie gaan wees, is Noorder-Paarl, New Orleans, Klein Nederburg en Charleston Hill Sekondêre Skole. Kafee-regte is onderhandelbaar by Klein Nederburg Sekondêr. Kontak die skool by 021-862-2720 of G Ricketts by 082-563-4926.
FIETSTOER
Fietsryers wat hul inskrywings vir die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer vir te laat gelos het, het nou een laaste kans om ’n plek in vanjaar se wedren te verseker. Besoek die fietstoer se webblad by www.cycletour.co.za en doen aanlyn aansoek om ’n plaasvervangings-inskrywing. Die koste van so ’n inskrywing beloop R350, en kan aanlyn betaal word.
GHOLF
Paarl Gholfklub bied ’n kapteinsdinee aan op Woensdag 24 Februarie (19:00 vir 19:30). Hierdie aandpak-geleentheid word by Paarl Stadsaal aangebied en word gehou om lede te onthaal wat 20 jaar en langer lid is van die klub. Kostes beloop R300 per persoon en dié geleentheid is slegs vir manne. Bespreek gerus by Ludwig Vercuiel (021-863-1140).
NETBAL
Paarl Netbalklub begin Dinsdag 9 Februarie met voorseisoense oefeninge (fiksheid). Oefeninge geskied Dinsdae en Donderdae. Kontak Bennie Saaiman by 083-462-6311 met navrae.
SWEM
Eerskomende Saterdag vind die Boland swemkampioenskappe plaas by die Paarl-Oos swembad. Dié gala begin om 08:30.
More
News
|