Rugby-flitse
2010-02-04
LAER PAARL RUGBYKLUB
Laer Paarl Rugbyklub se jaarvergadering is op 8 Februarie te New Orleans sportveld (19:00). Die oefenkamp en vriendskaplike wedstryde sal hiertydens bespreek word. Kontak 084-902-5759.
PAARL RUGBYKLUB
Geniet ’n onvergeetlike aand saam met jou geliefde by die Paarl Rugbyklub op Saterdag 13 Februarie (19:00) teen R100 p/p, insluitend vonkelwyn, ’n 3-gang maaltyd en geskenke vir almal. Kontak 083-964-2252. Die klub se spesiale jaarvergadering is op 18 Februarie te Paarl Rugbyklub (18:30). Alle lede is welkom.
ROSES UNITED
Roses United se oefeninge vind elke weeksaand (behalwe Vrydae) plaas om 19:00 te Pelikaanpark. Roses se vriendskaplike wedstryde is teen Belhar (27 Februarie, tuis), Young Peoples (6 Maart, weg) en Primrose (13 Maart, tuis).
VIOLETS RUGBYKLUB
Violets hou ’n fondsinsameling-geselligheid (vir die aankoop van nuwe rugby-truie) op 28 Februarie (15:00) te Amstelhof Primêr teen R50 p/p. ’n Motiveringspreker en die groep Spiritual Dancers sal optree. Kontak 082-228-0470.
YOUNG STANDARDS
Young Standards oefen Dinsdae en Donderdae 18:00 op die Boy Louw-velde. Die klub se algemene jaarvergadering is op 22 Februarie te Ebenezer Primêr. Skakel 083-405-9153.
More
News
|