Spoggerige vulstasie kom
2010-02-04
Sieb Sieberhagen
DIE rybane van die nuwe R11 miljoen Caltex vulstasie in Hoofstraat Paarl (oorkant Novel Ford) sal na alle waarskynlikheid aan die einde van Maart open en sal spog met die eerste “nuwe voorkoms” Caltex vulstasies in Suid-Afrika. Die Fresh Stop vulstasie (voorheen MV Motors) is die sesde in die Wes-Kaap met ’n Fresh Stop winkel. Die winkel is ’n Fruit & Veg franchise en is deesdae ’n nuwigheid by Caltex vulstasies. Mickey Keyser en Ben Volschenk, die nuwe eienaars, glo dat dié vulstasie vir ’n groot ekonomiese inspuiting sal sorg en dat die publiek nou ’n 24-uur winkel gaan kry wat vars produkte gaan voorsien. “Ons is nóú reeds op soek na personeel. Ons behoort tot 30 mense in diens te neem,” sê Keyser, ’n oud-Paarliet. Behalwe die 24-uur brandstofbedieningspunte, waar alle soorte brandstof vanaf een bedieningspunt verskaf kan word, gaan dié vulstasie ’n geriefswinkel en deli hê wat vars vrugte en groente, vleis, wegneemetes en pasteie voorsien. * Die eienaars van Village Motors op die hoek van Hoof- en Brugstraat, wat tans gesluit is, het soortgelyke planne om dié eiendom op te gradeer. Die bestaande gebou gaan binnekort gesloop word en herbou word met ‘n groter diensbaan en uitgebreide geriefswinkel daaragter.
More
News
|