Wellington steeds op koers
2010-02-04
MET ’n oorwinning van 52 lopies oor die krieketspan van Vredenburg/Saldanha, was daar Saterdag weereens geen keer aan die manne van Wellington nie, weens die goeie vorm waarin hulle hulself tans bevind. Op hul tuisveld het Bella Roma Wellington-CPUT krieketklub die loot verloor en hulle was ingestuur om eerste te kolf. Wellington het 184/6 lopies behaal in hul toegelate 45 boulbeurte, met Warren Groeneveld (73) en Johan du Plessis (36). Vredenburg/Saldanha kon op hul beurt slegs 132 lopies behaal, te danke aan uitstekende boulwerk deur Vincenzo Penazza (5/14) en Jaco Strydom (3/30). Eerskomende Saterdag takel Wellington vir Young Peoples op die Pen Basson-velde.
More
News
|