Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swarts kolf barshou vir Drakenstein Edu II

Swarts kolf barshou vir Drakenstein Edu II
 
2010-02-04


DIE tweede span van Drakenstein Edu krieketklub het die afgelope naweek gemengde welslae behaal, teen Wellington III en Excelsior II.

Saterdag het Edu II (306/8) vir Wellington se derdes ore aangesit deur met 67 lopies te seëvier.

Bradwill Swarts het ’n barshou gekolf vir Edu, om ’n massiewe 114* lopies van slegs 55 balle te moker.

Eugene Arendse (48), Wayne Martin (41) en Nolan Witbooi (20) het hom goed ondersteun.

Sondag kon Edu II (163 almal uit) ongelukkig nie vir Excelsior II (165/9) onderkry nie.

Cornel Carelse (28) was Edu se beste kolwer, met Alrico Bailey (4/21) en Dominic de Villiers (3/28) Edu se beste boulers.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za