Kavaliers se Janro draf voor teen Stormers
2010-02-04
’n NUWE afrigter, ’n nuwe kaptein en ’n aantal nuwe gesigte in die Boland-span sal Saterdag poog om die naam van die Kavaliers hoog te hou tydens Saterdag se kragmeting teen die Vodacom Stormers.
Dié wedstryd, wat gaan plaasvind op die splinternuwe Groenpunt-stadion, sal afrigter Loffie Eloff se eerste groot wedstryd in die spervuur vir Boland wees, met die loskopstut Janro van Niekerk wat die Wynboere met sy skrumkrag van voor sal lei.
Saterdag se wedstryd skop om 16:15 af en dien as ’n losmaker vir die Stormers voor die afskop van die Super 14-reeks op 12 februarie.
Die Kavaliers vir Saterdag se wedstryd is:
15 Jaquin Jansen, 14 Whaleed Heynes, 13 PJ Vermeulen (onderkaptein), 12 Lionel Cornelius, 11 Cornal Hendricks, 10 Dean Grant, 9 Neil Papier, 8 Zandré Jordaan, 7 Hilton Lobberts, 6 Franzel September, 5 Grant le Roux, 4 Johann Peacock, 3 Rossouw Kruger, 2 Ashton Constant, 1 Janro van Niekerk (kaptein). (Reserwes) Raul Larson, Clemen Lewis, Sphelelo Mayaba, André du Toit, Wesley Kotze, Angelo Brinkhuys, David Hendricks, Manie Adams, Llewellyn Adonis, Danré Gerber, Jeremy Plaatjies, Hyron Thyse, Willie le Roux.
More
News
|