Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere brul op wenpad

Tiere brul op wenpad
 
2010-02-04


DIE eerste krieketspan van Young Peoples was Saterdag terug op die wenpad toe hulle met Van der Stel afgereken het in hul agterplaas op Stellenbosch.

Peoples het eerste gekolf en met die telling op 85/1, met Wade October (28) aan die spits, het sake rooskleurig gelyk vir die Tiere.

Ná ’n hewige kolf-ineenstorting kon Peoples egter uiteindelik slegs 158 lopies bymekaar skraap, met Justin Ontong (24) en Dominic Daniels (21) wat nog waardevolle bydraes gelewer het.

In die veld het die Tiere weer eens veggees gewys en met goeie boulwerk en veldwerk ’n skitterende vertoning gelewer.

Hier was dit die aanvangsbouler, Charlton Daniels (2/21), wat die druk toegepas het.

Dit het die weg gebaan vir die draaiboulers, Jarier Alexander (2/25), Ontong (2/22) en Brendon Adams (3/17), om die tuisspan uit te boul vir 124 lopies.

Peoples se tweede span het egter teleurgestel en vasgeval teen Wellington II op Daljosafat.

Peoples het wisselvallig gekolf en kon nie genoeg vennootskappe bou om ’n goeie telling te verseker nie.

Tom-Ross Fortuin (32), Andrew Victor (22), Brett Mitchell (22) en Kurt Festus (22*), het dubbelsyfers behaal, wat bygedra het tot Peoples se groottotaal van 179 lopies.

Cedric Williams (4/17) en Peter Willams (3/41) was Wellington se beste boulers.

Peoples het egter nie goed boul- en veldwerk gedoen nie, met die gevolg dat Wellington die wenlopies maklik kon behaal met slegs vier paaltjies plat.

Cedric Williams (31*) het die kolf-aanslag gelei.

Vir Peoples het Charlin Williams (3/31) die beste geboul.

Peoples se derde span het ook ’n goeie tuis-oorwinning behaal toe hulle maklik vir Coronations III met 8 paaltjies geklop het.

Peoples het eerste veldwerk gedoen en het skitterend geboul.

Die besoekers het gesteier op 5/5 te danke aan Lester Julies (3/40) en Jermaine Buys (3/18).

Coronations word uiteindelik uitgehaal vir 119 lopies.

Die jong draaibouler Bronwin Adams (3/31) het die vernietigingswerk voortgesit. Hy staan ook op ’n drie-kuns in sy volgende wedstryd.

Peoples het die wenlopies (121/2) reeds in die 25ste boulbeurt behaal, danksy Stanton Kamalie (75*).

Saterdag speel Peoples I weg teen Wellington op die Pen Basson-velde, die tweede span speel tuis teen Maties en die derde span speel tuis teen Paarl III.

Die klub hou op 4 Februarie ’n algemene klubvergadering om 19:00. Alle spelers en bestuurslede moet dié vergadering bywoon.

Kontak Stanton Kamalie 078-507-9537.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za