VIR getroue Boland-ondersteuners was die bywoning van die opwarmingswedstryd tussen Boland en Stormers op Saterdag 6 Februarie in die nuwe Kaapse Stadion ’n verrykende ervaring (ongeag die eindtelling).
Die gebruik van pendeldienste vanaf die Kaapse middestad het ons ligjare vorentoe gesit. Die toets vir ’n goeie sportbyeenkoms, naamlik ’n goeie klanksisteem, genoeg en skoon ablusiegeriewe en natuurlik kroegfasiliteite is met vlieënde vaandels geslaag.
Baie geluk aan alle rolspelers vanaf die rugby-administrateurs, die bestuur van die Kaapstadse stadsraad, die nooddienste en die Suid-Afrikaanse Polisie.
Baie dankie ook aan Boland Rugbyunie dat julle ons kinders deurgebring het tot op senior vlak. ’n Spesiale woord van dank aan mnr Francois Davids, President van die Boland Rugbyunie, wat dit vir getroue ondersteuners moontlik gemaak het om die geleentheid by te woon.
Clarence le Cordeur