GRAAG wil ek by die Munisipaliteit weet wat gedoen word aan die verkoop van die vervalste DVD’s by stalletjies in Lady Greystraat.
Volgens my kennis is die Munisipaliteit direk verantwoordelik vir die toestaan van die areas waar die smouse hul produkte kan verkoop.
Daar is by verskeie geleenthede beslag gelê op die onwettige DVD’s deur die polisie, SARS beamptes, wetstoepassingsbeamptes en selfs beamptes van Binnelandse Sake, maar die volgende dag is die oortreders weer op hul pos, besig om die onwettige DVD’s te verkoop.
Ek wonder watter prosedures word gevolg nadat hierdie oortreders deur die polisie of SARS en ander beamptes weggeneem word, want hulle is darem baie vinnig vry om hul bedrywighede voort te sit.
Vir diegene wat die oortreders in hul “besigheid” ondersteun, julle weet seker dat dit ONWETTIG is?
Graag sal ek antwoorde op bogenoemde vrae wil hê, maar hierdie brief sal seker op dooie ore val, want dit is mos staatsinstansies wat antwoorde moet gee.Bekommerd oor onwettige DVD’sMay Carolissen, skakelbeampte van die Drakenstein Munisipaliteit, reageer as volg: Die Drakenstein Munisipaliteit se Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsdepartement is verantwoordelik vir die plasing/“lisensies” van mense wat besigheid doen of wil doen in die dorp. Hulle verskaf nie toestemming aan mense /informele besighede om onwettige materiaal te verkoop nie. Die wetstoepassing aangaande onwettige DVD’s is die plig van die polisie, maar munisipale beamptes sal van hulp wees mits hulle versoek word.