Leefstylkalender
2010-02-11
* Bergfiets. Belangstellendes word uitgenooi na ’n inligtingsvergadering rakende bergfietsry by die Taalmonument. Die vergadering is op 5 Februarie om 17:30 in die Historium Konferensiesaal, Pastorielaan 11, Paarl. RSVP by 021-872-3441. * Funksie. ’n Dans met die Klipwerf-orkes wat die vloer aan die brand gaan speel, word ten bate van die Rusoord Ouetehuis gehou op 5 Maart om 19:00 by die De Hollandsche Molen in Wemmershoek deur MED & vennote. ’n Wynveiling word ook tydens die geleentheid aangebied. Kaartjies is R300 per persoon en sluit ’n ete in. Om te bespreek, kontak 071-090-8000. Kontantkroeg beskikbaar. * Treffers. Die sanggroep C2C wat bestaan uit André Terblanché (sang), Johann Enslin (klavier), Winand Grundling (klavier), Wilken Calitz (kitaar/viool) en Schalk Wasserman (perkussie) vermaak oud en jonk met bekende treffers op 25 Februarie om 19:30 by die Wellington-Noord Kerksaal. Kaartjies is R30 en kan bespreek word by 074-359-8069. * Fair. A new and exciting Antique Fair will be taking place at Blaauwklippen Wine Estate, Stellenbosch, on 21 February from 10:00 to 16:00. Entry is free. This is the first of four fairs to be held on the farm in 2010. Contact Barbara Collins on 083-444-0133. * Depressie. Ds Fanie Kriel (pastorale sielkundige van die Strooidakkerk) praat Maandag om 19:30 by die Christelike Afhanklikheidsdiens by die ACVV kantoor in Gimnasiumstraat (oorkant Laborieoor depressie. Alle belangstellendes wat depressie en/of afhanklikheidsprobleme ondervind is welkom. Die diens wat die CAD lewer is gratis. Kontak 082-256-5006.
More
News
|