Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raad se geldsake gesond

Raad se geldsake gesond
 
2010-02-11


ALLE aanduidings is dat Drakenstein Munisipaliteit se 2009/2010 geldsake nog in orde is. Sowat 95% van belastingbetalers betaal hul skuld.

JT Basson, burgemeesterskomiteelid belas met finansies, het tydens die eerste raadsvergadering van die jaar, in sy halfjaarlikse begrotingsrede gesę dat dinge klopdisselboom gaan.

Die raad se skuldvlakke is ver binne die norm en met die korter tyd om skuld te verhaal lyk die Raad se kontantvloei ook baie gesond met net ’n bietjie meer as R181 miljoen se kontant in die bank.

Die doel van die halfjaarlikse begroting is om te kyk of die geldsake nog goed verloop en om enige aanpassings bekend te maak. Die syfers word ook getoets teenoor sekere norms en maatstawwe.

Die operasionele begroting het in Desember verlede jaar op R458 miljoen gestaan wat 53,2% van die totale operasionele begroting van R940 miljoen vir die huidige boekjaar is.

Hier was dit salarisse en elektrisiteit wat halfjaarliks reeds die 50% kerf verbygesteek het en die operasionele begroting effens aan die rooi kant laat.

Die betaling van bonusse in November en die grootmaat-aankope van elektrisiteit staan in die beskuldigde bank.

Gekontrakteerde dienste, wat normaalweg die geld vinnig opvreet, vertoon die beste met slegs 36,8% van die toegelate geld wat gebruik is.

“Dit is baie goed. Ons kry dit reg deur baie van die werk in-huis te doen,” sę Basson.

In Desember 2009 was daar reeds 56,6% van die totale operasionele begroting se geld in die raad se koffers.

Meer as R133 miljoen (46%) is reeds aan die totale kapitale begroting (R293 miljoen) spandeer.

Munisipale departemente voorspel egter dat meer as 95% van die totale begroting teen 30 Junie spandeer sal word.

Aan die einde van Desember is daar net meer as R234 miljoen deur die belastingbetalers en ander instansies aan Drakenstein Munisipaliteit geskuld, maar met invorderings wat kers vashou by 95% word dié maatstaf ook vir die res van die jaar voorspel.

“Bykomende geld word ook gedurende die jaar ontvang en dit moet in die begroting geakkommodeer word. Die Munisipaliteit is byvoorbeeld net die agent vir behuisingsprojekte. Ons kan nie die behuisingsprojekte befonds nie, maar slegs die dienste wat ons lewer.

“In baie gevalle kan ons op sekere projekte bespaar en dan kan ons die geld weer aanwend vir ander projekte,” sę Basson.

* According to the Drakenstein half term budget, the municipal finances are in a good condition.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za