Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalmuseum se geldsake vlot

Taalmuseum se geldsake vlot
 
2010-02-11


’n NUWE stelsel om die geldsake en veral skenkings aan die Afrikaanse Taalmuseum (ATM) in Paarl beter te boekstaaf is reeds in die middel van die vorige boekjaar ingestel en behoort te verhoed dat die museum in die toekoms weer ’n gekwalifiseerde (onsuksesvolle) ouditverslag ontvang, meen die direkteur van die museum, Jack Louw.

Die Taalmuseum is een van die staatsinstasies wat onlangs ’n gekwalifiseerde verslag van die ouditeur-generaal (OG) gekry het.

“Eintlik is daar niks verkeerd met ons boeke nie, maar aangesien ons van tyd tot tyd skenkings kry (sowat 5% ) en dit in die verlede nie reg geboekstaaf is nie, sal dit lei tot gekwalifiseerde ouditverslae,” sê Jack Louw, direkteur van die museum.

Die museumbestuur sê hulle het herhaaldelik, sedert die eerste kwalifikasie drie jaar gelede, versoek vir maatreëls om dié kwalifikasies te voorkom.

“Mense moenie die indruk kry dat die museum se geldsake in ’n warboel is nie. Inteendeel, die toestand van die finansiële sake word hoog aangeskryf deur die OG se ouditeure sowel as ons interne ouditeure.

“Die gekwalifiseerde ouditverslag is gegrond op ’n ouditmaatreël waarvoor daar geen voorsorg getref kan word nie en wat dus gelate aanvaar moet word.

“Dit verwys na die aard van die inkomste, nie na gebrekkige beheer nie.

“Volgens die ATM se ouditverslag vir die boekjaar 2008-2009 was daar geen geldelike tekorte of ernstige ongerymdhede nie.

“Dit is die enigste nasionale museum, met die uitsondering van die Robbeneiland-museum, wat ongeveer 25% van sy inkomste self genereer,” sê hy.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za