Bomdreigement by tronk
2010-02-11
KORT nadat die Paarl herstel het van die chaos wat veroorsaak is deur twee bomdreigemente by Paarl Mall, is daar so ’n dreigement ontvang by Drakenstein Gevangenis. Die dreigoproep is Vrydagoggend in die hoofkantoor van die gevangenis ontvang. Die polisie is ingeroep en die perseel is met die hulp van die honde-eenheid deursoek. Weereens is niks gevind nie. Met verdere ondersoek deur die polisie is daar vasgestel dat die dreigoproep gemaak is vanaf ’n publieke telefoon op die perseel van dié gevangenis. Maar hier loop die spoor dood. Een van die dreigoproepe wat gemaak is na die Paarl Mall is nagespoor na ’n publieke telefoon by die Perdeberg gevangenis. ’n Woordvoerder van die Paarl Polisie, kapt Louise du Plessis, het gesê dat hulle sulke dreigemente baie ernstig opneem, en dat daar streng opgetree sal word teenoor diegene wat skuldig bevind word hieraan. Enigiemand met inligting kan die Paarl polisie kontak by 021-807-4000.
More
News
|