Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ses in ’n ry vir Bloemhof by 4M?

Ses in ’n ry vir Bloemhof by 4M?
 
2010-02-11


GROOT opwinding heers terwyl die vier meisieskole, Bloemhof, La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl en Rhenish, besig is om hulle vere reg te skud en hulle treë te meet vir die jaarlikse 4M-kragmeting, te Coetzenburg, Stellenbosch, op 18 Februarie.

Bloemhof hoop om vanjaar vir die sesde agtereenvolgende keer met die 4M-kroon weg te stap.

Hoewel HMS dit in die verlede reeds reggekry het om vyf agtereenvolgende kere met dié titel weg te stap, is Bloemhof ywerig om die nuwe rekordhouers van die 4M te word.

Die geesdrif in die vier kampe loop hoog en daar word hard gespook op die atletiekbaan om skitterende vertonings te verseker. Die vier skole se top atlete word met belangstelling dopgehou en met luide gejuig aangespoor deur die geesdriftige huiskapteine.

Een atleet om dop te hou is die opkomende ster, Marise Malherbe, van die Hoër Meisieskool Paarl, wat in die 400m en 800m die atlete gaan opdraande gee. Sy is in die Wes-Kaap atletiekspan opgeneem om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Durban.

La Rochelle hoop op Chloe Pheifer om weer eens dié jaar die driesprong en verspring in te palm.

Vir Bloemhof sal Maryke Brits, wat verlede jaar sewe medaljes op nasionale vlak gewen het, die fakkel dra in die hekkies- en verspringitems, terwyl Dominique Scott in die middelafstand-items een van Rhenish se groot troefkaarte sal wees.

Die aksie skop 18 Februarie om 15:30 af in die Coetzenburg-stadion.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za