Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunsdagboek

Kunsdagboek
 
2010-02-11


* Lollos. Die kinderopvoering Sy Naam is Lollos is op 20 Februarie om 09:00 by die Taalmonument te sien. Kaartjies is R40 per kind (R5 per volwassene).

Bespreek by Rochelle by 021-863-2800. Bring ’n sagte kussing of kombers saam.

Ouers kan by Volksmond Koffiewinkel ontbyt geniet terwyl die kinders na Lollos kyk.
* Uitstalling. Fanie Marais, predikant van die NG Kerk Wellington, stal in Durbanville skilderye uit onder die titel: “Wat is die mens?”.

Die opening vind plaas op 23 Februarie om 19:00 te Rust-en-Vrede Galery (021-976-4691).
* Opvoering. Die Endlersaal by die Konservatorium in Stellenbosch bied met trots aan die Johannes-passie op 19 Februarie om 20:00 met die Kamerkoor van die Würzburgse Katedraal, die Tiepolo Ensemble en Schola Cantorum en die Universiteit van Stellenbosch se veelsydige akademiese Kamerkoor. Dit beloof genot te verskaf aan plaaslike gehore wat nie gereeld blootgestel is aan Barokmusiek, gespeel op outentieke Barokinstrumente, nie.

Die sangsoliste is Liske Potgieter (sopraan), Minette du Toit-Pearce (alt), Willem Bester (tenoor), Andreas Post (tenoor) en Barend van der Westhuizen (bariton).

Kaartjies is by Computicket of by 083-915-8000. Vir navrae, skakel 021-808-2343 tydens kantoorure.
* Praatjie. Die Kunsvereniging Stellenbosch hervat op Woensdag 24 Februarie om 17:30 by die Sasol Kunsmuseum hul bekende en gewilde byeenkomste waarin kunstenaars en kunskenners lede toespreek oor onderwerpe wat dwarsoor die visuele kunstoneel strek.

Leon de Bliquy sal ’n praatjie met die titel Alchemy, Mirrors and Magic lewer. Toegang vir lede is gratis en R30 vir nie-lede.

Kontak Reza by die Kunskantoor by 021-808-3668 (Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 11:00 en 13:00) vir navrae.


More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za