Plaaslike swemmers lewer sterk vertonings
2010-02-11
DIE Boland Laerskole Swemkampioenskappe het Saterdag die beste uit die provinsie se voorste junior swemmers gehaal in lekker sonnige toestande, by die Drakenstein swembad in Paarl-Oos. Drie van die grootste uitblinkers tydens dié geleentheid, was die belowende Paarlse swemmers, Darren Minnies (12; Paarl Aquarius) en Alexa Haasbroek (13; Vineyard-swemklub), asook die Wellingtonner Luan van der Vyver (13; The Well Aquatics). Darren gaan skool by Klein Boishaai, Alexa by Laerskool Gimnasium en luan by Laerskool Hugenote.
More
News
|