Kunskompetisie vir kinders
2010-02-11
KINDERS met ’n passie vir kuns, kan nou deelneem aan ’n kinderkunskompetisie met die Węreldbeker-sokkertoenooi as tema, wat deur die Drakenstein Kunsvereniging aangebied word. Deelnemers kan in die ouderdomsgroep 6 tot 8 jaar of 9 tot 12 jaar deelneem. In albei ouderdomsgroepe is die eerste prys R300, tweede prys R200 en die derde prys R150. Die sluitingsdatum is 20 Februarie. Wenners sal op 26 Februarie telefonies in kennis gestel word. Vir meer inligting. kontak Desiree by 082-862-3649.
More
News
|