DIE kinderproduksie Aspoestertjie is op 13 Februarie by die Ou Meul-teater om 10:00 te sien.
Soos in die bekende sprokie word Aspoestertjie afgeknou deur haar nare Stiefma en dié se twee aaklige dogters. Gelukkig is Faktotum Fourie egter weer op die toneel om te help dat Aspoestertjie by die bal uitkom om die prins se hart te verower en ook om te sorg dat hy weer vir haar opspoor as sy haar skoen vergeet.
Stiefma word ook uitgesorteer, maar wat haar lot is, sal gehore maar moet kom kyk.
Aspoestertjie se aweregse verwerking deur Gaerin Hauptfleisch beloof om net soveel te vermaak soos Spektrum en Stercus Produksies se vorige toneelstukke Rooikappie en die Wolf, Raponsie, Jan en die Boontjierank en Sneeuwitjie en die Sewe Dwerge te verskaf.
Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het.
Besprekings (R35) kan gedoen word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.