Rugby-flitse
2010-02-11
EVERGREENS RUGBYKLUB
Evergreens Rugbyklub bied op 27 Februarie ’n uitkloptoernooi aan op Evergreens Park. Afskop is om 09:00 en daar sal prysgeld op die spel wees. Evergreens sal vriendskaplike wedstryde speel teen Roses United (tuis, 13 Februarie), Rawsonville (tuis, 20 Februarie), Young Gardens (weg, 06 Maart) en Paarl Rangers (tuis, 13 Maart). Kontak Japie (078-870-9787), Ridwaan (073-026-1290) of Andries (076-609-7455) vir meer inligting.
ALBIONS RUGBYKLUB
Albions Rugbyklub se bestuur vir die 2010-seisoen bestaan uit James Davids (voorsitter), Bennie Benjamin (ondervoorsitter), M Kunene (sekretaris), John Davids (hulpsekretaris), Denver Adams (kassier), Aden Watts (hulpkassier) en Stevie Williams (hulpsekretaris). Die eerste span afrigters is Randall Williams en William Daniels, die 2de span afrigters is Edgar Arendse en Justin Watts en 3de span afrigter is Roderick Allies. Junior sameroepers en afrigters is Desmond Davids, Theo November en Adriaan Fredericks.
PAARL RUGBYKLUB
Paarl Rugbyklub hou eerskomende Dinsdag proewe op die Boy Louw-velde om 18:00, met die oog op die klub se eerste vriendskaplike wedstryd teen Ikeys op 27 Februarie.
RIVERSTONES RUGBYKLUB
Riverstones Rugbyklub se oefeninge vind Dinsdae en Donderdae om 18:00 plaas op die Daljosafat-sportgronde, waartydens datums vir vriendskaplike wedstryde ook deurgegee sal word.
WELLINGTON RUGBYKLUB
Wellington Rugbyklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18:30. Vanaf 15 Februarie sal proewe gespeel word op CPUT se velde, met finale proewe wat Saterdag 20 Februarie op Wellington-veld sal geskied. Die proewe sal met ’n worsbraai afgesluit word. Vriendskaplike wedstryde sal gespeel word teen Helderberg (weg, 27 Februarie), Young Peoples (weg, 2 Maart), Citrusdal (weg, 6 Maart) en Van der Stel Rugbydag (13 Maart). Die klub se algemene jaarvergadering is 23 Februarie (20:00) in die klubhuis. Alle lede moet teenwoordig wees. Voornemende spelers kan die afrigters kontak. JC Heunis (072-345-3840), Athol Ontong (083-358-1784), Ian Cloete (082-456-0157) en Kallie Ross (073-602-9375).
YOUNG GARDENS
Young Gardens Rugbyklub speel op 19 Februarie ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n besoekende span van Namibië, Kudu RFC, te Faurstraat-stadion om 19:00 (voorwedstryd - Gardens II vs Albions om 18:00). Toegang is R5. Op 27 Februarie bied Gardens sy jaarlikse Sewes-toernooi aan te Drakenstein Korrektiewe Dienste. Sestien spanne is reeds geregistreer. Op 6 Maart speel Gardens teen Evergreens. Belangstellende klubs kan ook vriendkaplike wedstryde teen Gardens reël vir 13 en 20 Maart, terwyl die klub op 27 Maart ’n oefenkamp te Porterville sal meemaak. Kontak 078-395-8736.
YOUNG PEOPLES
Young Peoples speel Saterdag 13 Februarie hul eerste vriendskaplike wedstryd teen Abbotsdale op Abbotsdale. Die bus vertrek om 12:00 vanaf Amstelhof (R25 p/p). Die klub bied op 19 Februarie ’n Valentyns Piekniekdans aan in die gemeenskapsaal (R60). Worcesterians Dance Band sal die musiek verskaf.
More
News
|