Vermorsing pla
2005-09-08
EK kan nie verstaan nie. Die munisipale swembad is onlangs geverf, skoongemaak en vol water getap.
Tot my ontsteltenis sal ek sien dat daardie water weer uitgetap is, want die swembad het groen geword.
Ons moet water bespaar - waar is al daardie water heen?
Hoekom onderhou die munisipaliteit nie die swembad met chloor in die winter nie? Dit sal mos baie minder kos as om elke keer die water te laat uitloop.
Wat help dit ons spaar sover ons kan en die munisipaliteit gaan net aan en mors water?
Ontevrede
’n Munisipale woordvoerder reageer: Die swembad is leeg getap omdat daar gedurende die wintermaande inspeksie binne die bad gedoen moet word vir enige defekte nadat die swembad verlede jaar geverf is.
Boonop is die koste om die bad te onderhou gedurende die winter baie meer indien die water in die bad gelaat word (ongeveer R30 000).
More
News
|