Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bravo! tree op by Grand Roche

Bravo! tree op by Grand Roche
 
2010-02-11


DIE jaarlikse konsert by die Grande Roche amfiteater ten bate van Drakenstein Hospice vind Sondag 28 Februarie plaas. Suid-Afrika se nuutste klassiek-kontemporêre sensasie, Bravo!, gaan ’n keurspel van hoendervleis-musiek lewer wat wissel van Abba tot Il Divo, Queen en Elvis Presley.

Gaste sal weer eens drankies en ’n smullekker vingerete kan geniet voordat die klanke van Bravo! hulle onder die volmaan sal bekoor.

Die Grande Roche Hotel, as hoofborg van die geleentheid, het hierdie jaar ingestem om Noop en Rhebokskloof ’n geleentheid te gee om die kos vir hierdie uithang-geleentheid te borg. Gaste sal kan smul aan die heel beste geregte van Noop en Rhebokskloof.

Die Grande Roche funksie is die Drakenstein Hospice se grootste fondsinsamelingsgeleentheid op hulle jaarlikse kalender. Fondse wat tydens hierdie geleentheid ingesamel word, sal aangewend word om lewensverrykende sorg te lewer aan sorgbehoewende pasiënte in die hele Drakenstein-gebied. Kaartjies is beskikbaar by die Hospice Huis, Bredastraat 109, Paarl (021-872- 4060) teen R285 per persoon en sluit alle drankies, ’n vingerete en die vertoning in.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za