Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paulus Joubert maak skoonskip

Paulus Joubert maak skoonskip
 
2010-02-11


DIE “Royal Blue” span van Paulus Joubert het die span van Noorder-Paarl in die stof laat byt met die kolf en bal, verlede Woensdag op die Parys-velde.

Trouens, al Paulus Joubert se spanne het seges behaal en sodoende skoonskip gemaak teen NP.

In die hoofwedstryd het Noorder-Paarl se o.19 seuns eerste gekolf om 126 lopies te behaal ná 30 boulbeurte.

Paulus se boulers Marlon Williams (4/12) en Johndré Meyer (3/31) het geskitter met die bal vir Paulus Joubert.

Elvino Abrahams was met sy eerste 50-tal vir die seisoen, Paulus se grootste uitblinker met die kolf tydens sy span se 5-paaltjie oorwinning.

In die dogters o.19 wedstryd, het Paulus Joubert die wenlopies reeds in die 5de boulbeurt gemoker, ná NP slegs 25 lopies kon behaal in 11 boulbeurte.

Camodine Ficher (3/3) en Caylin Erasmus (14 lopies) was Paulus se beste spelers in hul 9 paaltjie sege.

Paulus se o.17’s en o.15’s het hul wedstryde ook gewen.

Joshwill Davids was Paulus se o.15’s se beste bouler met 6 paaltjies in 11 boulbeurte.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za