Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seges op ’n streep vir Drakenstein Edu

Seges op ’n streep vir Drakenstein Edu
 
2010-02-11


GEGROND op die loesings wat Drakenstein Edu se krieketspanne die laaste ruk uitdeel, is dit duidelik dat dié manne niks anders nie as sukses in hul visier het.

Dit was weer eens duidelik die afgelope naweek, teen Mbekweni Krieketklub, toe Edu hulle met 9 paaltjies geslag het.

Met Wayne Jacobs en Dominic Daniels (albei 3/15) verwoestend met die bal, kon Mbekweni slegs 66 lopies behaal, voor hulle in die 23ste boulbeurt uitgeboender is.

Edu het met hul kolfbeurt die benodigde 70 lopies reeds in die negende boulbeurt behaal, met Dane Schoor (33) en James de Wet (12*) wat stewig vertoon het.

Edu II het op hul beurt met 7 paaltjies geseëvier teen Paarl-Oos se derdes.

Terwyl Paarl-Oos (289) se R Paulse (52) goed gevaar het met die kolf, was Edu-manne soos Franco Davids (4/57), Taigh Schoor (2/48) en Anville Daniels (2/29) dodelik met die bal.

Dit was egter ’n pragbeurt deur Jenovan Adams, wat met 131* onoorwonne lopies, van slegs 85 balle, Edu se sege gelei het. Davids (53) het ook goed gekolf.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za